Ons afslaers en toevallig ook Oud-Kwaggas, Louis van Rensburg en Daniel van Schalkwyk, het behoorlike vermaak verskaf by die eerste Duiwe Wedvlug Veiling aangebied deur Outeniqua Hoërskool vroeër die maand.
Die veiling is in ‘n goeie en gesellige gees aangebied en die gaste het hul hande diep in die sakke gesteek om te bie ten bate van die skool.
van Rensburgs Veilings het die ouers, personeel en organiseerders met trots bygestaan en dit was ‘n voorreg om die verrigtinge te kon aanbied.