Gesprekke oor die droogte is so algemeen soos rugby-praat om ‘n braaivleis vuur. Ons nasie, veral die wat naby die grond leef, word daagliks in die gesig gestaar met foto’s, boodskappe en noodkrete van familie en vriende wat direk geraak word.

Dit is met dankbaarheid dat ons die tweede veiling van die Outeniqualand Boereverening kon aanbied op die 17de Oktober.

Ons is dankbaar vir die 103 geregistreerde kopers van die distrik wat die veiling bygewoon het.

Ons is dankbaar vir ‘n goeie veiling in moeilike omstandighede.

Ons is dankbaar vir die publiek wat tesame met ons personeel, kratte vol items by ons kantoor kom aflaai het as deel van die “Omgeepakkies vir ‘n boervrou en ‘n plaaswerker” wat in die Karoo uitgedeel gaan word.

Ons bly in ‘n groeiende, plattelandse dorp met ‘n boerderygemeenskap wat ondersteuning benodig, in welke vorm ookal.

Ons sal bly glo en bid dat die reën sal kom.

Reset password

Enter your email address and we will send you a link to change your password.

Get started with your account

to save your favourite homes and more

Sign up with email

Get started with your account

to save your favourite homes and more

By clicking the «SIGN UP» button you agree to the Terms of Use and Privacy Policy
Powered by Estatik