Op Woensdag 12 Junie om 11:00 sal van Rensburgs twee industriële eiendomme en ‘n groot aantal vrugte droëry-toerusting in Dysselsdorp in die Klein Karoo opveil.

Die besigheid, bekend as Dysselsdorp Vrugte Droëry, staak ‘n gedeelte van die bedrywighede.

Die twee eiendomme, waarvan een verbeter is met ‘n koelkamer van ±1640m³ en die tweede eiendom verbeter met store van ± 1000m², word eerste opgeveil. Die ligging naby die besige N12 vervoerroete (15km van De Rust and 20km van Oudtshoorn) maak dit ‘n ideale eiendom ook vir gebruik in die transportbedryf.

Die toerusting word stuk-stuk opgeveil, en sluit in verskeie lotte stellasies (± 15 000 in totaal), ± 500 kratte van 500kg en ± 250 kratte van 250kg kapasiteit, asook ongeveer 500 palette. Die lys ysters het iets vir almal met 2 Ford 3000-trekkers, John Deere 1040-trekker, 3 vurkhysers van 2.5ton asook waens vir die kratte om ‘n paar items te noem.

Die veiling vind plaas te van Wykskraalstraat in Dysselsdorp en is maklik bekombaar vanaf die N12.

Die volledige lys van items, tesame met foto’s, is beskikbaar by www.vanrensburgsauctions.co.za en vir meer inligting kan Daniel van Schalkwyk geskakel word by 083 255 4245.

Reset password

Enter your email address and we will send you a link to change your password.

Get started with your account

to save your favourite homes and more

Sign up with email

Get started with your account

to save your favourite homes and more

By clicking the «SIGN UP» button you agree to the Terms of Use and Privacy Policy
Powered by Estatik