2 Huise onder een dak te kry!
Heroldsbaai bly ‘n gesogte keuse.
Op Vrydag, 21 Desember om 10:00 vm behartig van Rensburgs Veilings die veiling van ‘n strandhuis in die gesogte Suid Kaapse vakansiedorp van Heroldsbaai.
Heroldsbaai staan bekend vir sy astronomiese eiendomspryse, veral in die lig dat daar net ‘n handjievol eienaars kan wees rondom en binne stapafstand van die strand. Die eiendom onder die hamer is binne 50m van die hoostrand geleë, en bied twee eienaars die geleentheid om saam n eiendom te besit, elk met sy eie deel van die woning.
Die lae-onderhoudwoonhuis bestaan uit 2 eenhede, wat elk bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan kombuis / leefkamer en ‘n ruim braai area op die dak. Daar is dus ‘n opsie vir twee gesinne om die spasie privaat te benut as ‘n 3-slaapkamer eenheid, of as ‘n groter woning met 6 slaapkamers, 4 badkamers en 2 kombuise ens indien daar ‘n alleen eienaar is.
Vir meer informasie, kontak die afslaers in George by tel 044 878 2877 of 0833 777 390, en besoek gerus www.vanrensburgsauctions.co.za vir hommeltuigfotos en meer besonderhede.
Moet ook nie van Rensburgs se ander kuseindomme op veiling in Eastford en Belvidere in Knysna, sowel as Gouritsmond misloop nie.