Bouers, konstruksiemaatskappye tot boere kan Woensdag die 19de September nader staan vir ‘n groot veiling aanbieding van klein aanleg konstruksiemasjienerie wat onder meer insluit 7500 stukke steierwerk en bekisting , elektriesemasjinerie, selfaangedrewe toerusting, handgereeskap en sweisers, om net ‘n paar te noem. Van Rensburgs Veilings verkoop die totale inhoud van die voorheen bekende Coastal Hire in George, en bieërs hul maar gereed maak vir uitstekende winskopies op die dag.

Volgens afslaer, Louis van Rensburg, sluit hierdie lys ook 6 bakkies en ‘n gewilde Kubota L39-trekskoplaaigraaf in, wat menige bieër die hand sal laat opsteek. ‘Hierdie is beslis ‘n groot veiling vir die Suidkaap, met vele gesogte artikels wat aan elke individu se behoeftes kan voldoen ’. Die bates is ideaal vir ‘n breë spektrum van onderneminings, veral dié in die konstruksie-, vervoer, en landboubedryf.

Die veiling begin om 10:00 by die George-Skougronde en die perseel is ook  ideaal geleë naby die George lughawe vir kopers wat van ver gaan reis. Vir ’n volledige lys van die bates, kan voornemende kopers www.bidderschoice.co.za of www.auction­evolution.co.za besoek. Die meeste van die voertuie is in ’n goeie, werkende toestand, tensy anders vermeld.

Vir ‘n volledige lys van items wat opgeveil gaan word, besoek www.vanrensburgsauctions.co.za  of skakel gerus 044-8782877. Afslaers Daniel van Schakwyk (083 255 4245) of Louis van Rensburg (0833 777 232) kan ook gekontak word.  

Pin It on Pinterest

Share This
X