Versamelaars van antieke meubels kan die datum 30 Mei 2018 om 10:00 in hul dagboek merk. Van Rensburgs Veilings hou ‘n groot antieke veiling by hul persele te Saffiersingel, Tamsui Industria in George. Die mooiste Kaapse, geelhout, Africana en oregon kothuis meubels sal onder die hamer kom. Van ‘n geelhout jonkmanskas, stink-en geelhout laaikaste en tafels, ‘n Oregon meelkis tot stinkhoutriempiesbanke sal onder die hamer kom.

Die Afslaers gaan verskeie interessante stukke opveil soos byvoorbeeld kerkbanke wat oorspronklik in ‘n  Sendingkerk in die Transkei gebruik was. ‘n Hoogtepunt van die veiling is die Oregon koskas wat uiters skaars is. Hierdie koskas van bykans 4m asook ‘n besonderse stinkhout tafel met 6 bypassende riempie stoele en karaktervolle leerbanke en stoele gaan menige bieër sy hand laat opsteek.

Verder is daar ‘n verskeidenheid van ‘Fresh Provincial’ meubels wat ook onder die hamer kom. Hierdie meubels komplimenteer die antieke stukke.

Vir meer inligting en fotos, besoek hul webtuiste by www.vanrensburgsauctions.co.za of skakel

044-8782877 om noual ‘n koper nommer te bevestig.

Besoek ook hul Facebookblad vir interessante nuus en opkomende veilings.

 

Pin It on Pinterest

Share This
X