december, 2018

21dec10:00 amSTRANDHUIS MET 2 WOONHEDE, HEROLDSBAAIIdeale geleentheid vir twee eienaars binne 50m van die strand

Event Details

Datum: Vrydag, 21 Desember @ 10:00

Plek: By die perseel genaamd “Hellou Julle”, Skimmelkransrylaan, Heroldsbaai

Besigtiging: Per afspraak

Navrae: 044-8782877 | 0833 777 390 (Wiidke) | w {at} vanrensburgsauctions.co.za

Laai die Verkoopsvoorwaardes af deur op die volgende skakel te kliek: VERKOOPSVOORWAARDES HEROLDSBAAI

Hierdie eiendom is puik geleë binne 50m van die hoofstrand van Heroldsbaai. Die lae-onderhoud woonhuis is stewig gebou op drie vlakke, en word verdeel in twee identiese wooneenhede. Toegang van eenheid tot eenheid is alreeds in plek, en dus kan die woonhuis ook gebruik word as ‘n 6-slaapkamer, 4-badkamer woning.

Besonderhede

Erf Grootte: 316m²

Samestelling

Elke wooneenheid bestaan uit:

Eerste vloer

  • 2 slaapkamers
  • 1 en-suite badkamer
  • Klein waskamer

Tweede vloer

  • 1 slaapkamer met balkon
  • 1 badkamer
  • Oopplan kombuis / leefkamer

Derde vlak

  • Ruim braai area op dak, met braai-plekke

Dan is daar ook 2 stoorkamers op die eerste en tweede vloer, met buite deure.

Parkering: Twee voertuie kan parkeer op straatvlak teenaan die huis.

Die woning het ook ‘n hitte-pomp en 2 geysers.

Die eiendom leen homself daartoe om mede-eienaars te hê, en is veral ieaal vir 2 gesinne as mede-eienaars in die uiters gesogte kusdorp, etlike meters van die strand.

Voorwaardes | Veilingreëls

  • 10% Deposito betaalbaar deur die koper op die dag van die veiling
  • 9% (BTW ingesluit) afslaerskommissie betaalbaar deur die koper op die dag van die veiling
  • Hereregte betaalbaar op koopprys
  • Besit teen registrasie van transport
  • Periode vir hoër aanbiedinge sal binnekort bevestig word. Die Verkoper behou wel die reg om die aanbod enige tyd tydens die periode te aanvaar of van die hand te wys.
  • Die koper moet binne 30 dae van aanvaarding waarborge lewer vir die balans van die koopprys.
  • Die koper betaal alle koste ten opsigte van die gee en neem van oordrag (Oordragkoste)
  • Besit teen registrasie van transport
  • Geen agterstallige kostes betaalbaar deur die koper nie
  • Die hoogste bieer is gebonde aan sy/haar bod tot en met – datum sal bevestig word
  • ‘n Bod wat gemaak is kan nie ontrek word nie.
  • Die eiendom word verkoop onderworpe aan die goedkeuring van die verkoper.
  • Die veiling word gehou met die reg om te bie namens die eienaar of afslaers, in welke geval die eienaar of afslaer, of enige persoon namens die eienaar of afslaer, aan die veiling mag deelneem.
  • Die afslaers behou die reg om enige persoon tot die perseel toegang te wyer
  • Die veiling word gehou in terme van Art (4) van die Gebruikers Beskermings Wet, wat Art 55 & 56 uitstluit.
  • FICA dokumente nodig vir registrasie (ID en bewys van woonadres)

Time

(Friday) 10:00 am

Pin It on Pinterest

Share This
X