‘n Spoghuis in die gesogte Suid Kaapse vakansiedorp van Buffelsbaai word op Vrydag, 28 Desember om 12:00 deur Van Rensburgs Veilings verkoop.

Sedert 2012 is hierdie die derde eiendom aan Buffelsbaai se Goue Myl wat deur die Afslaers opgeveil word. Daar is slegs ‘n handvol van hierdie tipe eiendomme waarvan die grenslyne feitlik tot teenaan die strand strek.

Die siersteenwoonhuis van ongeveer 500m² bestaan uit 6 slaapkamers, 6 badkamers, ‘n ruim kombuis en oopplan leefareas met spasie. Daar is ook ‘n braaikamer met raamlose glasdeure wat kan oopskuif en ‘n 180°-aansig op die strand bied. Buffelsbaai is ‘n droom vakansiebestemming en mens kan nie ‘n beter ligging as hierdie kry nie.

Vir meer informasie, kontak gerus die afslaer, Louis van Rensburg by 0833 777 390. Volg van Rensburgs Veilings op Facebook vir inligting oor die ander kuseiendomme wat opgeveil gaan word, onder meer in Eastford Country Estate en Belvidere in Knysna, sowel as Gouritsmond en Heroldsbaai.

 

Pin It on Pinterest

Share This
X