Beleggers in die Suid Kaapse eiendomsmark glimlag nou al breed vir ‘n geruime tyd, en hierdie gerusstelling is weereens beaam tydens ‘n veiling van vier uiteenlopende George eiendomme gehou op Donderdag, 7 Junie 2018.

37 belangstellende kopers geregistreer om aan die veiling(s) deel te neem.

Van Rensburgs behartig ook veilings van roerende bates, soos hier by die George Skougronde waar 130 bieërs vroeër die maand gekompeteer het vir onder meer 100 lotte konstruksiemasjinerie.

Eerste op die blok was 2 industriële kantoor-eenhede van 112m² en 114m² in Empire Park, Tamsui Industria, wat onderskeidelik R 775 000 en R 760 000 behaal het. “Die pryse van industriële grond en geboue in George gaan aanhou styg aangesien die Munisipaliteit nog nie vorendag gekom het met enige beplanning om nuwe erwe uit te sit nie”, sê afslaer Louis van Rensburg.

Oók ontwikkelingsgrond van ongeveer 5000m² in Northstraat, Pacaltsdorp het goeie belangstelling gewek en verskeie kopers het hand opgesteek en uiteindelik het die hamer op R 390 000 geval.

“Die vraag na eiendom in sekuriteitsontwikkelings neem steeds duidelik toe” sê Daniel van Schalkwyk, hoof van eiendomsbestuur en –ontwikkeling by die firma, en wie opgetree het as afslaer van die vierde eiendom, ‘n erf in Kraaibosch Country Estate. “Waar ons as afslaers klei getrap het om ‘n erf verkoop te kry vir R 250 000 vyf jaar gelede in Kraaibosch, het ons op die veiling 6 bieërs gehad wat hierdie erf wou koop, en ‘n verkoopprys van R 700 000 is toe behaal.”

As gevolg van die sukses van hierdie veiling het twee eienaars van erwe in Kraaibosch hul eiendomme vir van Rensburgs aangebied om uit die hand te verkoop. Kontak gerus vir Daniel van Schalkwyk vir meer besonderhede by 083 255 4245 of 044 878 2877. 

Foto erkenning: Bonita Photography

Pin It on Pinterest

Share This
X